In ‘n gesonde groepstruktuur met ‘n gevestigde bemarkingsnetwerk en toegewyde personeel is Subtropico leiers in die varsproduktemarkagentskap-bedryf.
Ons hoofdoelwit is om aan ons produsente ‘n ongeëwenaarde diens te lewer. Ons produsente is ons mees belangrikste bate en dit word weerspieël in ons besigheidsfilosofie.
Ons markagente se jarelange ervaring en kundigheid in die varsproduktebemarking, bied aan die produsent onbeperkte toegang tot die suksesvolle bemarking van varsprodukte.
Subtropico is die voorkeur markagentskap vir meer as 6 000 produsente, met ‘n omset van bykans R3 miljard per jaar. Meer as 200 varsprodukte lyne word deur Subtropico hanteer.
Subtropico is op die voorfront van tegnologie wat die lewering, vordering van verkope en betalings aan produsente bespoedig. Deel van Subtropico se sukses is die effektiewe administrasie deur hoofkantoor, wat markagente die tyd gee om op u produk te fokus. Die produsente kan verkoopstate deur middel van e-pos ontvang en intyds sy verkope op die stelsel monitor. Ons netwerk bewerkstellig die minimalisering van risiko’s en die maksimalisering van inkomste.